4 000 polisiebeamptes van misdade aangekla – behou steeds hul poste


Luister nou

Volgende

4 000 polisiebeamptes van misdade aangekla – behou steeds hul poste

4 Desember 2023

Nagenoeg 4 000 polisiebeamptes wat sedert 2019 aangekla is van ‘n reeks misdade, werk steeds in die polisie.

Die minister van polisie, Bheki Cele het die syfer bekend gemaak op ‘n skriftelike vraag in die parlement van die DA. Hy sê in hierdie tyd is 5 489 polisiebeamptes in hegtenis geneem, en werk 3 981 van hulle nog binne die polisie

Volgens Cele se antwoord was daar in die laaste vier jaar slegs 430 skuldigbevindings van aangeklaagde polisielede.

Uit die lang lys van misdade waarmee die polisiebeamptes verbind word, is daar moord, poging tot moord, ontvoering, korrupsie, afpersing en roof by ondernemings en huise.

Die DA se woordvoerder oor polisie Okkie Terblanche,  sê dit is ’n skandevlek op die regstelsel en die polisie.

Terblanche sê die boodskap hieruit vir gewone wetsgehoorsame burgers is dat die polisie bo die wet verhewe is en geen gevolge hoef te dra vir hul eie misdade nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

4 000 polisiebeamptes van misdade aangekla – behou steeds hul poste


Luister nou

Volgende