6 Oktober
Minstens 34 mense, waarvan 22 kinders is, is dood nadat ‘n voormalige polisiebeampte vanoggend ‘n dagsorgsentrum in Thailand met ‘n vuurwapen en mes geteiken het.
Volgens plaaslike owerhede het die 34-jarige verdagte, Panya Kamrab nadat hy deur die polisie agternagesit is, ook sy vrou en kind doodgeskiet voordat hy homself om die lewe gebring het.
Luidens berigte is hy voorheen uit die polisie ontslaan weens dwelmmisbruik.
Die motief vir die voorval is in hierdie stadium onbekend.