25 November 2021
31 Vlugtelinge is oorlede na hulle opblaasboot in die Engelse Kanaal aan die kus van Calais in Frankyk omgeslaan het.
Slegs twee mense kon gered word.
Vier mensesmokkelaars is in verband met die voorval deur die Franse polisie in hegtenis geneem.
Volgens die BBC het 25 bote Woensdag probeer om die kanaal oor te steek.
Die Franse president Emmanuel Macron sê Frankyk sal nie toelaat dat die kanaal ’n begraafplaas word nie en het ’n oproep om ’n noodvergadering van Europese ministers gedoen om die vlugteling-uitdaging aan te pak.
Stem vir die Aitsa’s