24 Februarie 2023
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die polisie het vanoggend beslag gelê op 300 kilogram se kokaïne.
Luidens ‘n verklaring deur die SAID is die dwelms gevind tydens ‘n klopjag op ‘n vragskip by die Durban Hawe. Die kokaïne het ‘n straatwaarde van meer as R1,3-miljard. Die skip het glo van Suid-Amerika gekom.
Die dwelms was in 378 blokke verpak. Die polisie stel ondersoek in.
Die SAID se kommissaris, Edward Kieswetter het die samewerking tussen wetstoepassers en doenebeamptes geloof. “Die inkomstediens sal nie hierdie tipe onwettige aktiwiteite duld nie.”