18 Desember 2023
Die Onderwys Arbeidsverhoudingeraad het sedert April vanjaar dertig onderwysers afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan seksuele wangedrag.
Die raad het ook bevestig dat die afdanking van ‘n verdere 34 onderwysers deur provinsiale onderwysdepartemente wesenlik regverdig is nadat die onderwysers onbillike ontslagdispute na hom verwys het vir arbitrasie.
Hulle is skuldig bevind aan onder meer aanranding, brutale gedrag, belediging van personeel, pligsversuim, growwe oneerlikheid, aanranding van leerders, diefstal en afwesig sonder verlof.
Nog ‘n professionele onderwyserliggaam, die SA Raad vir Opvoeders, het tussen Maart verlede jaar en April vanjaar, 31 onderwysers onbepaald van sy register geskrap, insluitend 22 vir seksuele misdrywe.