17 Augustus 2021
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) sê hy sal ondersoek instel na die busongeluk in die Oos-Kaap, waarin 28 mense dood is.
Die ongeluk het gister plaasgevind op die N2 tussen Oos-Londen en Butterworth. Dié bus was vanaf Kaapstad na Mthatha onderweg.
Voorlopige inligting dui daarop dat die busdrywer beheer verloor het oor die voertuig, en toe in ‘n sloot ingery het. Die bestuurder is ook dood in die ongeluk. Volgens die RTMC is 20 vroue, vyf mans en drie kinders dood. Ses mense is beseer en in die hospitaal opgeneem.
Intussen sê die departement van vervoer in die Oos-Kaap dat hy vandag met die uitkenningsproses sal begin om die identiteite van die slagoffers te bepaal.
Die minister van vervoer Fikile Mbalula het sy medelye betuig aan die naasbestaandes van die slagoffers.
Hou Afrikaans op die lug