28-jarige man skuldig bevind aan aanranding op bejaarde vrou


Luister nou

Volgende

28-jarige man skuldig bevind aan aanranding op bejaarde vrou

17 Mei 2024

‘n Johannesburgse man is skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hy ‘n 80-jarige vrou verlede jaar in haar huis in Mayfield in die suide van die stad aangeval het.

Adv. Gerrie Nel saam met die slagoffers.

Volgens AfriForum se privaatvervolgingseenheid is Dylan Ferreira (28) in die Booysens-landdroshof skuldig bevind.

Die eenheid se woordvoerder, Barry Bateman sê op 5 Augustus 2023 het ‘n stryery ontstaan oor ‘n stel spaarsleutels vir ’n eiendom wat Ferreira en sy verloofde Kay-Leigh Pelser by die Oosthuysen-egpaar gehuur het.

Te midde die argument het Ferreira die 80-jarige Lucille Oosthuysen gestamp waarna sy op die plaveisel beland het. Ferreira het egter getuig dat hy in selfverdediging opgetree het.

Landdros Nicola Olivier het tydens haar uitspraak die voorval as brutaal en ontstellend beskryf. “Die klaagster, wat toe 79 jaar oud was, is ‘n brose bejaarde dame wat stilgestaan het.”

Die saak is uitgestel to 5 Junie 2024 vir die vonnisoplegging.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Ander Nuus Artikels

NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings
WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring

28-jarige man skuldig bevind aan aanranding op bejaarde vrou


Luister nou

Volgende