30 Mei 2023
Die departement van basiese onderwys in Gauteng het 275 skole in die provinsie geïdentifiseer, wat ‘n hoë veiligheidsrisiko inhou vir leerlinge.
Volgens die LUR vir onderwys in die provinsie, Matome Chiloane is die meeste van die skole in informele nedersettings.
LEES OOK: LUR BESOEK SKOOL NÁ ‘N MATRIEKLEERING VERKRAG, VERMOOR IS
Die bestekopname oor die veiligheid by skole, volg na die moord op die matrikulant Palesa Malatji (17), wat in Soshanguve skoolgegaan het. Sy is verkrag en vermoor, en haar liggaam is op Vrydag, 26 Mei in ‘n veld langs ‘n ander skool in die gebied gevind.
Chiloane sê die provinsie se misdaadbestrydingsbeamptes sal by die hoë risiko skole ontplooi word om die veiligheid van leerlinge te verseker.
Hy sê dit is belangrik dat meer ondersteuning, buiten die van skoolstrukture gebied word om kinders veilig te hou.
Foto: The Educator Online
