Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

26,2-miljoen kiesers geregistreer om vandag te stem

1 November 2021

Die 26,2 miljoen geregistreerde kiesers kon sedert 07:00 vanoggend kans kry om hulle kruisies te trek in die land se plaaslike regeringsverkiesing.

Meer as 23,000 stemlokale sal tot 21:00 vanaand oop wees vir stemdag. Mense wat vanaand teen 21:00 steeds in rye by stemlokale staan, sal ook toegelaat word om te stem.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê intussen hy is slaggereed om ‘n vry en regverdige verkiesing te hou.

Die OVK voorsitter Glen Mashinini sê die twee dae van spesiale stemme het die kommissie in staat gestel om sy operasies vir vandag te verfyn.

Meer as ‘n halfmiljoen kiesers het die afgelope naweek spesiale stemme by stemlokale uitgebring. 

Dit is 83% kiesers wat daarvoor aansoek gedoen het.

President Cyril Ramaphosa het intussen ‘n beroep op elke geregistreerde kieser gedoen het om in die plaaslike verkiesings vir hul munisipale verteenwoordigers te gaan stem. Hy sê elke enkele stem tel, en kiesers sal deur hul grondwetlike verantwoordelikheid uit te oefen help om ‘n beter Suid Afrika te bou.

Die president het in dieselfde asem ‘n beroep op mense gedoen om ingeënt te word teen Covid-19, by een van die verskeie inentingspersele wat naby stemlokale vandag landwyd bedryf sal word.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpShrnfWQAA5m9y

ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie

ENOCH2

Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Marianne Pouwels_b

Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop

Thabo-3-800x450

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7

E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie

Ander Nuus Artikels

maxresdefault
Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut
cd042b9b447d9a8f
Audi sluit vier van sy handelaars in Suid-Afrika
ENOCH1-large
Die EFF, MK-party eis die minister van finansies se bedanking
GpShrnfWQAA5m9y
ANC en kie sê samesprekings het gelei tot BTW-besluit, nié die hof nie
ENOCH2
Dawie Roodt: Die ANC sit met eier op hulle gesigte ná BTW-verhoging geskrap word

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende