Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

26% SENIOR REGERINGSLUI ONGEKWALIFISEERD

21 Desember 2021

26% van die regering se aanstellings in senior bestuursposte het nie die regte of vereiste kwalifikasies vir die pos wat hulle beklee nie.

Dít is volgens regeringsrekords wat deur die minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, onthul is in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA-LP, Mimmy Gondwe.

Die syfer het wel afgeneem van April vanjaar toe dit op 35% gestaan het.

Die 9%-afname word toegeskryf aan die bywerking van senior bestuur se kwalifikasies op die regering se personeelstelsel, Persal.

Senzo Mchunu – by wie Dlodlo die leisels oorgeneem het – het in April die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, die departement van polisie, die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, die departement van handel, nywerheid en mededinging asook omgewingsake, bosbou en visserye as die skuldiges uitgewys.   

Dlodlo sê haar departement sal die datavaslegging betreffend kwalifikasies deurgaans dophou en sal daarvolgens ’n ingeligte besluit neem of enige verdere ondersoeke geregverdig is.

Fotokrediet: Gallo Images

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende