14 April 2023
225 mense is tydens Paasfees op Suid-Afrika se paaie in 185 ongelukke oorlede.
Die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga het vanoggend die padsterftesyfer tydens die afgelope Paasnaweek bekend gemaak. In 2022 is 161 mense dood in 135 ongelukke.
Sy sê die meeste sterftes is op Goeie Vrydag, die 7de April oorlede. Die minste sterftes is op Donderdag, 6 April aangemeld. Chikunga sê die meeste sterftes is tussen 15:00 in die middae en 22:00 saans aangemeld.
Volgens haar was 44,4% van die oorledenes voetgangers, terwyl 27,7% passasiers was. 25,5% van die oorledenes was die drywers, terwyl 1,3% met fietse gery het.
Sy sê gedurende die tydperk, van 6 April tot 10 April is 30 934 boetes uitgereik, 430 voertuie is in beslag geneem omdat dit nie padwaardig was, terwyl 1 625 motors se lisensieskywe nie geldig was nie. 1 716 motoriste is in hegtenis geneem weens die oortreding van die spoedgrens, bestuur onder die invloed van drank, en roekelose en nalatige bestuur.
‘n Motoris is op die N1 naby Lyttleton in Centurion in hegtenis geneem omdat hy 198 kilometer per uur gery het in ‘n 120km/h sone. In Harrismith in die Vrystaat is ‘n motoris vasgetrek weens bestuur onder die invloed van drank. Volgens Chikunga het die motoris 1,16 milligram se alkohol in sy bloed gehad. Dit is 4,8 keer meer as die limiet.