8 Desember 2021
Die departement van gesondheid in Gauteng het vroeër vandag 220 nuwe ambulanse onthul, kort voordat die feesseisoen amptelik afskop.
Volgens die departement van gesondheid is 20 van dié ambulanse vir intensiewe sorg, terwyl die ander 200 vir Intermediêre lewensondersteuning is. Die departement sê hy het ook bykomende personeel aangestel in ‘n poging om die dienste in die nooddienste-bedryf te verbeter.
Volgens die departement kom die nuwe voertuie en personeel op ‘n goeie tyd gegewe die begin van die feesseisoen asook die feit dat Gauteng die episentrum van die vierde vlaag van die koronavirus is.
MEDIA STATEMENT || GAUTENG HEALTH UNVEILS 220 NEW AMBULANCES AS PART OF FESTIVE SEASON READINESS LAUNCH #GrowingGautengTogether pic.twitter.com/wDUFV0R0qk
— Gauteng Health (@GautengHealth) December 8, 2021
The @GautengEMS on average receives 47 916 and 47 657 annual calls for November and December respectively. The majority of the cases received during this period are for motor vehicle accidents, assaults, and gunshot wounds #GrowingGautengTogether pic.twitter.com/XU0SBN57IU
— Gauteng Health (@GautengHealth) December 8, 2021