20 September 2023
Die eThekwini Munisipaliteit het 22 van sy strande heropen nadat dit ‘n geruime tyd gesluit was as gevolg van rioolbesoedeling.
‘n Woordvoerder van die munisipaliteit, Musa Gumede, het die publiek verseker dat streng steekproef- en toetsprosedures op ‘n weeklikse basis uitgevoer word om die kwaliteit van die water te verseker.
Volgens Gumede is die onlangse sluiting van die Warner- en Winkelspruit-strande toegeskryf aan hoë getye eerder as kommer oor waterkwaliteit.
Hy sê die munisipaliteit het stappe gedoen om deursigtigheid te bevorder en vertroue in sy prosedures te boesem deur van ‘n onafhanklike water- en rioolbehandelingspesialis gebruik te maak.
Tien-talle strande in KwaZulu-Natal was gesluit sedert oorstromings in April verlede jaar groot skade aan infrastruktuur veroorsaak het.