Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

21 jaar na 9/11 en terreur steeds groot bedreiging

Nuuskommentaar: 12 September 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Dit was Sondag presies een-en-twintig jaar sedert negentien terroriste van die Al-Kaïda terreurgroep vier Amerikaanse kommersiële vliegtuie kort nadat hulle van lughawens aan die ooskus opgestyg het, gekaap het en met honderde passasiers en tenke vol vliegtuigbrandstof die ergste terreuraanval in die geskiedenis van die VSA gepleeg het.

Die vernietiging  van die twee hoogste geboue in die VSA, die Wêreld Handelsentrum-torings in New York, het op 9 September 2001 die wêreld geskok. Die gevolge van die aanval was ‘n hernude stryd teen Islamitiese terreur, twee Amerikaans geleide oorloë in die Midde-Ooste, verhoogde lughawe sekuriteit en die bewustheid dat die stryd teen terreur ‘n permanente karakter aangeneem het.

Die aanval in 2001 het elke Amerikaner bewus gemaak van die bedreiging van Islamitiese terreur. Dit het ‘n lang stryd teen terreur ingelei, hoewel Islamitiese terreur vir jare voor die 2001-aanvalle reeds teenwoordig was met Osama bin Laden en Al Kaïda se aanvalle op Amerikaanse ambassades in Oos-Afrika, die bombardering van die Amerikaanse vlootskip Aden in Jemen en die ontploffing van ‘n bom in die ondergrondse parkeerarea van die Wêreld Handelsentrum in New York in 1993.

Sedert die 9/11-aanvalle het ‘n breë globale koalisie van lande die stryd teen Islamitiese terreur met groter koördinering, meer ywer en baie meer hulpbronne aangepak. Oor die afgelope een-en-twintig jaar is Osama bin Laden en talle van sy handlangers om die lewe gebring.

So onlangs soos Julie vanjaar is die Al-Kaïda leier Ayman al-Zawahiri deur ‘n Amerikaanse hommeltuigaanval in Afganistan om die lewe gebring. Ten spyte van al hierdie sukses, triljoene dollars se spandering op oorloë in Irak en Afganistan, beter intelligensienetwerke in die Midde-Ooste en ‘n uitgebreide poging om Islamitiese terreurgroepe in verskeie lande in Afrika en die Midde-Ooste aan te val en te destabiliseer is die terreurbedreiging vandag niks kleiner as wat dit op daardie sonnige September dag in 2001 was nie.

Sedert die VSA se chaotiese onttrekking uit Afganistan verlede jaar in Augustus het beide Al Kaïda en die Islamitiese Staat hulle aktiwiteite in dié land opgeskerp en tien duisende terroriste is die afgelope twaalf maande in Afganistan gewerf en opgelei. In Irak dreig ‘n hernude burgeroorlog en terreurgroepe gryp die politieke spanning daar aan om jongmans vir hulle terreurnetwerke te werf. In Sirië is die Islamitiese Staat ook weer besig om te herorganiseer.

Die grootste toename in Islamitiese terreuraktiwiteite die afgelope tyd was egter in Afrika waar Frankryk onlangs na byna tien jaar uit Mali onttrek het omdat dié land se regering nie meer sy samewerking in die stryd teen terreur gee nie. Dit lyk toenemend of die stryd teen terreur in die Sahelstreek van Noord-Afrika verlore is. Terreurgroepe se aktiwiteite neem regoor Wes- en Oos Afrika toe, sover as die noorde van Mosambiek.

In die VSA en Europa verkies mense om tans die tema van terreur en die bedreiging wat dit inhou te vermy. Terwyl hoogsopgeleide militêre magte in onder andere die Amerikaanse, Franse en Britse weermag die stryd teen terreurgroepe voortsit, moet dit vraag egter gevra word: Is die wêreld vandag veiliger as een-en-twintig jaar gelede. Daar is genoeg rede om nie so te dink nie. Die oorlog teen Islamitiese terreur is ‘n oorlog sonder duidelike fisiese en morele grense en daarom ook ‘n oorlog wat moeilik gewen kan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende