2023 Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings amptelik afgeskop


Luister nou

Volgende

2023 Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings amptelik afgeskop

12 Maart 2023

Die Aitsa Trust het pas die datum bekend gemaak van die 2023 Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings.

Pretoria FM vier vanjaar sy 30ste verjaarsdag vanaf 16 tot 19 September en die Aitsa-toekenningsgeleentheid sal die verjaarsdagvieringe op ‘n hoogtepunt afsluit op Dinsdag 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Moreletapark, Pretoria.

Volgens die Voorsitter van die Aitsa Trust, Mnr Willie Spies, is die Aitsa Toekennings nou ‘n staande jaarlikse instelling sedert die eerste toekenningsgeleentheid in Oktober 2019 gehou is.

“Ons gaan voortbou op die vorige jare se suksesresep om die kompetisie oor ‘n tydperk van twaalf weke op radio uit te saai en die publiek sal weereens die geleentheid kry om vir hul gunsteling kunstenaar te stem in ‘n kategorie wat spesiaal geskep word vir “Die Kunstenaar van die jaar – volgens publieke stem”.

Afrikaanse kunstenaars, liriekskrywers en vervaardigers van musiekproduksies sal vanjaar weer in 12 verskillende kategorieë kan inskryf.

Die kategorieë is soos volg:

  1. Nuweling van die Jaar
  2. Liedjieskrywer van die Jaar
  3. Geestelike Liedjie van die Jaar
  4. Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
  5. Luisterliedjie van die Jaar
  6. Boeremusiek Liedjie van die Jaar
  7. Musiekvideo van die Jaar
  8. Pop Liedjie van die Jaar
  9. Vervaardiger van die Jaar
  10. Instrumentale Liedjie van die Jaar
  11. Afrikaanse Liedjie van die Jaar
  12. Kunstenaar van die Jaar – volgens publieke stem

Bykomend tot bogenoemde kategorieë word ook jaarliks ‘n toekenning gemaak aan ‘n legende in die Afrikaanse musiekbedryf wat erken word vir sy of haar lewenslange bydrae.

Verlede jaar het die toekenning aan Mimi Coertze gegaan wie verlede jaar ook 90 jaar oud geword het.

Verder word Aitsa toekennings ook gemaak suksesvolste Afrikaanse snitte van die jaar volgens stromingsyfers aan onderskeidelik die manlike en vroulike kunstenaars wie se vrystellings die meeste gestroom is op aanlynplatforms soos Spotify, YouTube en Apple Music/iTunes.

Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hulle onderskeie platemaatskappye ingeskryf word. Die inskrywings sal deur ‘n paneel onafhanklike kundiges uit die musiekbedryf en -media beoordeel word en ‘n maksimum van ses finaliste sal in elke kategorie aangewys word.

Die finaliste sal weekliks tydens ‘n spesiale Aitsa-program bekend gemaak word en dit sal ook regstreeks op radio en sosiale platforms wêreldwyd uitgesaai word.

Die spesiale trofee wat spesiaal vir die Aitsas ontwerp is, sal weer op die spel wees en soos in die verlede, word die wenner in elke kategorie ook beloon met ‘n kontantprys van R10,000.

Die inskrywingsvorms met volledige besonderhede en kriteria vir inskrywings sal vanaf 24 April 2023 op Pretoria FM se webtuiste www.pretoriafm.co.za beskikbaar wees.

Inskrywings vir alle kategorieë open op 24 April 2023, en inskrywings sluit om middernag op 26 Mei 2023.

Alle nuwe uitreikings vir die tydperk 1 April 2022 tot 31 Maart 2023 mag ingeskryf word.

Die Aitsas het van die begin af ten doel gehad om ‘n onafhanklike geleentheid te skep waartydens die room van die rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie beloon kan word.

Die oorweldigende, positiewe terugvoer wat na die eerste drie toekennings van kunstenaars, platemaatskappye, vervaardigers en die publiek ontvang is, het bevestig dat dit presies is wat die bedryf nodig het en daarom is die Aitsas hier om te bly en sal dit net groter en groter word in die toekoms.

Kaartjies vir die gesogte toekenningsaand is reeds beskikbaar op iTickets vir R250,00 per kaartjie, maar belangstellende wat nou reeds hulle kaartjies koop, ontvang ‘n spesiale afslag van 10%.

Vir meer besonderhede, kontak Willie SpiesUitvoerende Voorsitter: Pretoria FMTel 083-676-0639

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Geld-1

Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen

paul-kruger-gate-786x416-1

Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

pexels-arina-krasnikova-6663368

“Nuwe regulasies bedreig duisende se werk in die skoonheidsbedryf”

Julius-Malema6

Malema wéér toegang tot die VK geweier – AfriForum verwelkom die besluit

Gty3kIbWsAAix-H

ActionSA eis advokaat Shamila Batohi se verwydering uit haar amp

Ander Nuus Artikels

WAGWOORD
16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit
walter-sisulu-university
Amptenaar by universiteit doodgeskiet
CILLIERS5
Brink se hoed weer in die ring
Geld-1
Tweepot: 4-miljoen onttrekkings reeds gedoen
paul-kruger-gate-786x416-1
Nuuskommentaar – Mynbou: Die “roofdier” wat die Krugerwildtuin kan verskeur

2023 Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings amptelik afgeskop


Luister nou

Volgende