Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

17 mense dood weens gaslekkasie in Boksburg

6 Julie 2023

Minstens 17 mense is in die Angelo-informele nedersetting buite Boksburg dood ndat hulle ‘n giftige gas ingeasem het.

‘n Woordvoerder van die nooddienste, William Ntladi, sê hulle het ná 20:00 gisteraand ‘n noodoproep ontvang oor wat aanvanklik gedink is as ‘n gasontploffing. Nooddienste het aanvanklik aangedui dat 24 mense dood is.

Ntladi sê met hul aankoms op die toneel is daar vasgestel dat daar in werklikheid ‘n gaslekkasie uit ‘n gassilinder op een van die werwe binne die informele nedersetting was.

Hy sê paramedici kon daarin slaag om 16 mense by te bring, en hulle is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Vier van dié mense is in ‘n kritieke toestand. Een van die oorledenes is ‘n kind van 1 jaar oud.

Daar word tans vermoed dat ‘n giftige nitraat-gas – wat deur onwettige mynwerkers gebruik word om goud te produseer – vir die vergiftiging verantwoordelik is.

Foto: Ntwaagae Seleka

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende