Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

162 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie oorlede

28 April 2022

Die minister van vervoer Fikile Mbalula het vanoggend die sterftesyfer tydens die afgelope paasnaweek bekend gemaak. 

Hy het tydens ‘n mediakonferensie gesê dat dieselfde hoeveelheid mense die afgelope paasnaweek van die land se besigste paaie gebruik gemaak het, maar in KwaZulu-Natal het die verkeer met 21% afgeneem weens die vloede wat die provinsie getref het.

Volgens hom het die aantal ongelukke met 28,6% afgeneem en die aantal sterftes het met 31,5% afgeneem. Hy sê sewe van die land se provinsies het ‘n afname in die hoeveelheid padsterftes getoon, met die Wes-Kaap en Mpumalanga wat die uitsondering is.

  • Mpumalanga: 23 padsterftes teenoor verlede jaar se 18 sterftes. Toename van 27.8%
  • Wes-Kaap: 34 steftes teenoor 26 in 2021. Toename van 30,8%
  • KwaZulu-Natal: 21 sterftes teenoor 54 in 2021. Afname van 61,1%
  • Noord-Kaap: 3 sterftes die jaar teenoor 7 in 2021. Afname van 57,1%
  • Vrystaat: 6 sterftes die jaar teenoor 13 in 2021. Afname van 53,8%
  • Noordwes: 11 sterftes die jaar teenoor 20 in 2021. Afname van 45%
  • Limpopo: 19 sterftes die jaar teenoor 34 in 2021. Afname van 44,1%
  • Gauteng: 24 sterftes die jaar teenoor 36 in 2021. Afname van 33,3%
  • Oos-Kaap: 20 sterftes die jaar teenoor 27 in 2021. Afname van 25,9%

‘n Totaal van 162 mense is tydens Paasnaweek oorlede in vergelyking met 235 sterftes verlede jaar. 134 ongelukke is aangemeld teenoor 189 ongelukke in 2021.

Ten opsigte van die grasietydperk vir rybewyse wat verval het tussen 26 Maart 2020 en 31 Augustus 2021 het Mbalula motoriste herinner dat die grasietydperk vir die hernuwing daarvan volgende week tot ‘n einde kom. “Ek doen ‘n ernstige beroep op motoriste om hulle rybewyse te hernu omdat daar ná volgende week géén verdere uitstel sal wees nie.”

Hy sê lisensiekantore se werksure is met twee ure verleng gedurende die week en sal ook elke Saterdag en Sondag oop wees tot 31 Mei 2022.

“Daar is tans ‘n agterstand van 1,3-miljoen rybewyse.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Ander Nuus Artikels

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende