11 Oktober 2021
‘n Groep van 16 valskermspringers is dood en ses is beseer nadat ‘n vliegtuig gisteroggend in die Tatarstan-streek in Rusland neergestort het.
Die vlieëniers het ‘n probleem met die vliegtuig se linker enjin aangemeld kort nadat dit opgestyg het.
Volgens die nuusagentskap, Reuters het die vlieëniers probeer om ‘n woongebied te vermy sodat hul ‘n noodlanding in Mezelinsk kan uitvoer, maar dit was glo nie moontlik nie. Een van die vliegtuig se vlerke het ‘n stilstaande bussie getref en omgeslaan.
20 van die mense aan boord was valskermspringers, terwyl twee bemanningslede was.
VIA @Quicktake: A plane carrying skydivers crashed shortly after takeoff in central Russia on Sunday, killing 16 of the 22 people aboard, officials said https://t.co/XIyWvb2Umb pic.twitter.com/vqvC3K2Kdt
— Butter (@trafficbutter) October 11, 2021
Stem vir die Aitsa’s