25 Mei 2023
‘n 15-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy verskeie skote afgevuur het by ‘n skool in Perth in Australië.

Volgens die polisie het die seun drie skote afgevuur by die Atlantis Beach Baptist College in die noorde van Perth. Niemand is beseer in die voorval nie. Luidens ‘n polisieverklaring het die polisie twee vuurwapens van die seun in beslag geneem.
Die kind was glo voorheen ‘n leerling aan die skool.
Volgens die polisiekommissaris is dit een van die ergste gevalle wat hy in sy loopbaan teëgekom het, aangesien dit nie gereeld in Australië plaasvind nie. Die ondersoek duur nog voort.
Die skool het die voorval as skokkend beskryf, en het die polisie en die skoolgemeenskap bedank vir hulle ondersteuning.
Volgens boodskappe wat Pretoria FM ontvang het is daar talle Suid-Afrikaanse leerlinge in die skool asook personeellede.