13 Oktober 2021
145 babas is verlede jaar in openbare hospitale in Gauteng verlate gelaat sonder hulle ma’s.
Die DA se woordvoerder oor gesondheid, Jack Bloom sê die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomathemba Mokgethi het dié inligting bevestitg. Die Thelle Moegerane-hospitaal in Vosloorus is die ergste hierdeur geraak met 51 verlate babas in 2020.
In die Leratong-hospitaal is 14 babas sonder hulle ma’s agtergelaat. Volgens Mokgethi is daar verskeie redes waarom babas agtergelaat word. Een van die hoofredes is omdat die baba met ‘n gestremdheid gebore is.
Onbeplande swangerskappe asook tienerswangerskappe is ook dikwels redes. Mokgethi sê hospitale se maatskaplike werkers moet nuwe ma’s identifiseer wat moontlik hul babas kan agterlaat. Finansiële probleme en ‘n tekort aan ondersteuning is ook redes.
Stem vir die Aitsa’s