12 November 2021
Meer as 23-miljoen dosisse van die Covid-19-entstof is al in Suid-Afrika toegedien, waarvan meer as 13-miljoen mense reeds ten volle ingeënt is.
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die Covid-19-pandemie. Volgens hom is daar genoeg entstof asook gesondheidswerkers om mense in te ent.
Phaahla sê die departement is baie naby aan sy teikenmerk om 70% van mense ouer as 60 jaar in te ent. Meer as 252 000 kinders tussen 12- en 17 jaar oud is al ingeënt. 57% van mense tussen 50- en 60 jaar oud het ook reeds hulle inentings ontvang,
Volgens Phaahla gaan nagenoeg 83 000 gesondheidswerkers aan die tweede deel van die Sisonke-studie deelneem. Dit behels ‘n versterkingsdosis van die Johnson en Johnston-entstof, waarmee gesondheidswerkers vroeër vanjaar ingeënt is.
Bea Vooma Vax Champ! #vaxchamps pic.twitter.com/pMALmhYwY4
— Vooma Vax Champs (@VaxChampsSA) November 12, 2021
Stem vir die Aitsa’s