18 Oktober 2022
13 mense – waaronder drie kinders – is dood en 19 beseer nadat ‘n Russiese vegvliegtuig in ‘n woonstelblok in die dorp Jeisk vasgevlieg het.

Jeisk is in die suid-weste van Rusland naby die grens met Oekraïne geleë.
Aanvanklik is berig dat drie mense in die voorval dood is, maar nadat reddingswerkers deur die puin gewerk het is nóg tien liggame ontdek.
Die Sukhoi Su-34 het Maandagaand neergestort en ‘n brand veroorsaak wat die negeverdiepinggebou verswelg het – waar ongeveer ses-honderd mense gewoon het.
Daar word vermoed dat een van die vliegtuig se enjins aan die brand geslaan het tydens opstyging by ‘n naby-geleë militêre lugmagbasis.
Die vlieëniers het altwee daarin geslaag om van hulle uitskietstoele gebruik te maak en het die voorval oorleef.
Foto’s: BBC en Reuters.