22 Junie 2023
Die Voortrekkermonument het ‘n unieke museumteater-ervaring bekend gestel.
Soos wat die naam sê kombineer dit ‘n museum-uitstalling met ‘n toneelstuk, en gee dit besoekers die kans om as te ware deel van die geskiedenis te wees.

Dit vertel die verhaal van die Afrikaner se 120 jaar geskiedenis in 120 minute en 12 tonele uit die oogpunt van die Afrikaner vrou. Die Erfenissentrum by die monument is in ‘n tydperk van twee maande in verskillende tonele omskep sodat die storie op ‘n interaktiewe wyse vertel kan word.
Die gehoor begin hulle ervaring in 1902 waar JP (Eduan Naudé) op ‘n reis gaan om sy erfenis te ontdek. Die storie word vertel deur die Afrikanervrou, wat deur Karla Hoogendoorn vertolk word.

Nadat een van JP se voorouers vertel van haar tyd in die Anglo-Boereoorlog beweeg die gehoor na die 1910’s waar sy ouma-grootjie ‘n donkey genoem word omdat sy ‘n “kombuis-taal” gepraat het.
Die verhaal kom in ‘n stadium in die 1970’s waar die gehoor saam moet sing aan volksliedjies en in die 2000’s waar plaasmoordsyfers deurgegee word. Hierdie lag met ‘n traan ervaring is vanaf 23 Junie 2023 by die erfenissentrum by die Voortrekkermonument te sien.
