18 Julie 2022
Die leier van die DA, John Steenhuisen sê die land is besig om die stryd teen misdaad te verloor onder die leierskap van die minister van polisie, Bheki Cele.
Steenhuisen is vanoggend saam met die burgerregteorganisasie, Action Society se woordvoerder, Ian Cameron in Mitchells Plain waar hulle besig is met gemeenskapsprojekte. Hy het aan joernaliste gesê dat misdaadstatistiek buite beheer is.
LEES OOK: AFRIFORUM EIS DAT MINISTER VAN POLISIE, BHEKI CELE, ONMIDDELLIK AFGEDANK WORD
Steenhuisen het ‘n beroep op mense gedoen om die DA se petisie, #CeleMustFall te onderteken waarin die party die afdanking van Cele eis.
Meer as 120 000 mense het al die DA en Action Society se petisies onderteken. Die DA se petisie het sowat 7 700 handtekeninge, terwyl Action Society se petisie op meer as 115 000 handtekeninge staan.
Cameron het ook ‘n formele aansoek by die speaker in die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula ingedien in ‘n poging om Cele uit sy pos te verwyder.