24 Julie 2024
Die departement van onderwys in Gauteng sê 12 meisies van die Pretoria High School for Girls is geskors ná bewerings van rassisme by dié skool aan die lig gekom het.
Die woordvoerder van die departement, Steve Mabona sê die skool het die Tshwane-metro verlede Donderdag, 18 Julie ingelig van ‘n beplande optog wat deur ‘n groep leerlinge vir die volgende dag beplan word.
LEES OOK: SOLIDARITEIT WEN SAAK VIR LID WAT VALSLIK VAN RASSISME BESKULDIG WAS
Dit kom nadat wit leerlinge aan Girls High glo swart leerlinge se klagtes, rakende die skool op ‘n WhatsApp-groep bespreek het. Mabona meen die wit leerlinge het die klagtes afgemaak as onbelangrik.
Die departement het op die dag van die optog met die betrokke leerlinge vergader oor hulle frustrasies. Van die swart leerlinge voer aan dat hulle die teikens van langdurige rassisme is.
Hulle meen verder dat die WhatsApp-groep geskep is deur slegs wit leerlinge waarop sekere rassekwessies bespreek word. Hierdie leerlinge meen ook dat die skoolhoof, en bestuur nie aandag alle hulle bekommernisse gee nie.
LEES OOK: SOSIALE MEDIA-GEBRUIKER, WAT MANS VAN RASSISME AANKLA BEVEEL OM VIDEO’S TE VERWYDER
“Swart kinders word glo strenger behandel, en meen dat wit leerlinge voorkeurbehandeling geniet,” sê Mabona. Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane sê kinders se reg tot onderwys word geskend in ‘n omgewing waar rassisme en diskriminasie aan die orde van die dag is.
Die 12 geskorsde leerlinge se tugverhore sal op 30 en 31 Julie plaasvind.