11 000 onderwysposte dalk in KZN besnoei


Luister nou

Volgende

11 000 onderwysposte dalk in KZN besnoei

6 September 2024

Terwyl onderwysvakbonde in die Wes-Kaap wil staak oor die aflegging van nagenoeg 2 400 onderwysers, lyk dit asof daar in al nege provinsies onderwysposte besnoei gaan word – met KwaZulu-Natal wat die ergste hierdeur geraak word.

Tot soveel as 11 000 poste is in dié provinsie in gedrang.

Nasionale en provinsiale onderwyshoofde het die afgelope week krisisvergaderings gehou om die pad vorentoe te bespreek te midde van verminderde begrotings en hoër onderwyslone wat van 1 Julie af betaalbaar was.

In die Oos-Kaap beplan die departement om die begroting vir goedere en dienste met sowat 22,5% te verminder. In Gauteng sal skoolvervoer verminder word, terwylvroeë kinderontwikkeling nie verder uitgebrei sal word nie.

Die minister van onderwys, Siviwe Gwarube sal vandag met die provinsiale LUR’e vergader om die probleem te bespreek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

11 000 onderwysposte dalk in KZN besnoei


Luister nou

Volgende