Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

107 polisie- en metropolisievuurwapens in Gauteng vermis of gesteel

6 Augustus 2021

Die VF Plus sê hy is bekommerd oor die groot aantal gesteelde ammunisie en vuurwapens van die polisie en metropolisie in Gauteng en oor die sterk moontlikheid dat dit in die hande van misdadigers kan beland.

Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het op ʼn skriftelike vraag van die VF Plus bevestig dat duisende rondtes ammunisie en 107 vuurwapens van die polisie en metropolisie gedurende Julie 2020 en Junie 2021 as vermis of gesteel aangemeld is.

Die VF Plus-lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng, Kobus Hoffman sê tans word 279 sake ondersoek waar polisielede se wapens en ammunisie gedurende gewapende rooftogte gesteel is of uit kluise vermis word.

LEES OOK: 84 POLISIEVUURWAPENS BINNE 3 MAANDE IN GAUTENG GESTEEL

Hy sê in Gauteng word 84 polisielede ondersoek. Vuurwapens wat verlore is, sluit in een haelgeweer, vier R5-gewere en 274 pistole. Daarmee saam is 1 668 R5-rondtes, 575 haelgeweer-rondtes en 1 644 9mm-rondtes vermis. Twaalf lede is reeds skuldig bevind, een se diens is opgeskort en 11 het finale waarskuwings ontvang. Die res word ondersoek.

Tien lede van die Ekurhuleni-metropolisie het hul pistole en ammunisie as gesteel aangemeld. Die sake word nog ondersoek.

Tien lede van die Tshwane-metropolisie het hul 9mm-pistole en ammunisie as gesteel aangemeld. Agt sake word ondersoek en in twee sake word die finale uitslag ingewag.

Drie Gauteng-verkeerspolisielede het hul pistole en 45 9mm-rondtes as gesteel aangemeld. Van die lede se vuurwapens was tydens ʼn kaping geroof.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Ander Nuus Artikels

POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende