14 Oktober 2024
President Cyril Ramaphosa sê daar was ’n aansienlike toename in vertroue in die rigting waarin die land beweeg, in die 100 dae sedert die regering van nasionale eenheid aan bewind gekom het.
Ramaphosa skryf in sy weeklikse nuusbrief dat ’n stewige grondslag vir toekomstige groei gelê word, hoewel dit nog aan die begin van die RNE is.
Hy sê verbeterde vertroue onder Suid-Afrikaners en beleggers is gegrond, en dat die fokus nou is om saam te werk om ’n wesenlike verskil in die lewe van alle burgers te maak.
Die DA – wie se beleide en ideologie van die ANC verskil – het intussen Vrydag, toe die party sy 100 dae in die RNE uiteengesit het, gesê hy is nie spyt oor sy deelname in die RNE nie.