31 Mei 2022
‘n 10-jarige leerling van die laerskool Goudrand – in Boksburg aan die Oosrand – sterk in die hospitaal aan nadat hy by ‘n naskoolsentrum probeer het om sy eie lewe te neem.
Volgens die bestuur van die sentrum was hulle bewus van probleme wat die kind by sy huis gehad het en ook dat hy woede-uitbarstings gekry het.
Hulle was in die proses om welsynsdienste betrokke te kry, maar aangesien die kind se ouers aanvanklik huiwerig was om toestemming te verleen het die proses gesloer en kon die betrokke dienste nie betyds ingryp nie.
Die slagoffer het vir onderwysers gevra om badkamer toe te gaan, maar het na ‘n deel van die speelgrond gegaan waar daar nie toesig was nie voordat hy homself beseer het.