NRP se goedkeuring van Bela-wet dalk die begin van ‘n hofstryd

Deur on

14 Mei 2024

Die hoof uitvoerende beampte van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê dat die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die sogenaamde Bela-wet, na alle waarskynlikheid die tafel dek vir ‘n hofstryd.

Hermann het gereageer nadat die NRP vanoggend dié wysigingswetsontwerp – wat onder andere die magte van skool-beheerliggame gaan oorskadu – aanvaar het.

Hy sê dat dit jammer is dat die verhouding tussen gemeenskappe en die regering in die hof gereguleer moet word en dat ‘n hofstryd nie bevorderlik is vir verhoudings nie.

Hermann het beklemtoon dat Solidariteit hoffiks is en dat die ANC nie sy meerderheid in die hof sal kan gebruik om ‘n uitspraak af te dwing nie.


Current track

Title

Artist