Nóg sabotasie by Eskom, sê die kragvoorsiener

Deur on Mei 20, 2022

20 Mei 2022

‘n Dag nadat Eskom gister bekend gemaak het dat daar twee voorvalle van sabotasie by sy Tutuka-kragsentrale was, is daar nóg twee voorvalle van sabotasie by twee ander kragsentrales aangemeld.

Die kragverskaffer se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het die twee voorvalle bevestig.

Tegnici by die Hendrina kragsentrale het vanoggend ontdek dat koperstawe en ‘n aardlekkasie-staaf deur die nag by een van die opwekkingseenhede gesteel is, wat verhoed het dat die eenheid weer in bedryf gestel kon word.

Hoewel daar vermoed word dat die elemente gesteel is, is dit onduidelik hoe die skelms dit van die perseel af kon verwyder het.

In ‘n ander voorval het die toevoeging van die verkeerde olie daartoe gelei dat ‘n eenheid by die Duvha kragstasie – wat al vir langer as vyf maande buite werking is – nie aangeskakel kon word nie.


Current track

Title

Artist