Nóg ‘n motor ry by Voëlklip af

Deur on

22 Junie 2023

Owerhede in die Wes-Kaap het ‘n soek-en-reddingsoperasie van stapel gestuur nadat ‘n motor vroeër vandag by die Voëlklip-krans net buite Heroldsbaai afgery het. 

Volgens die polisiewoordvoerder, sersant Chris Spies, was die soek-en-reddingsoperasie egter deur reënweer belemmer. Die soektog sal vanoggend hervat.

Die vermoede bestaan dat die motor in die see is.

Dit is die derde voorval waar ‘n motor by dié krans afry sedert die begin van vanjaar. Verder het tot agt mense sedert Februarie verlede jaar by Voëlklip gesterf.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist