1 Desember 2023
Die kragvoorsiener, Eskom sê uiters warm weerstoestande wat oor die land heen ervaar word, het die vraag na elektrisiteit verhoog en dit het groter druk op die netwerk geplaas.
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste sê Gauteng en die Noord-Kaap gaan van môre af weer ‘n hittegolf beleef – wat tot eerskomende Dinsdag sal voortduur.
Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, het verbruikers aangeraai om die gebruik van elektrisiteit te beperk om hoë stadiums van beurtkrag – te midde van die hitte – te vermy.
Mokwena sê daar is beslis ‘n verband tussen die hitte en die hoër elektrisiteitsaanvraag en dit word veral rondom 14:00 die middag gesien.
Wat die voorspelde hittegolf betref sê Eskom hy het reeds die verwagte hoër elektrisiteitsverbruik in sy beurtkragvooruitskouiing vir die naweek ingereken.