Nóg ‘n EFF-lid bedank uit die party

Deur on

4 September 2024

Nóg ‘n hooggeplaaste lid van die EFF het uit dié party bedank.

Weke nadat hy aangekondig het dat hy werwing wil doen vir ‘n nuwe sekretaris-generaal vir dié party, het Mpho Morolane sy bedanking aangekondig.

Morolane was voorheen die leier van die studentevleuel van dié party.

Hy is die tweede lid van die sentrale bevelspan – die party se hoogste besluitnemingstruktuur tussen konferensies – wat die party verlaat.

Morolane se bedanking kom ná die van Floyd Shivambu wat hom by die MK-party aangesluit het.

Dit is nog nie bekend wat Morolane se onmiddelike toekomsplanne is nie.


Lees verder

Current track

Title

Artist