Nog grondboontjiebotter van winkelrakke verwyder

Deur on

10 Februarie 2024

Nóg grondboontjiebotter-produkte sal nou van winkelrakke verwyder word.

Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n dringende beroep op verbruikers gedoen om nie die geraakte grondboontjiebotter te eet nie en om dit terug te neem na die winkel waar dit gekoop is.

Dit sluit dié soorte grondboontjiebotter in:

  • Dischem se Lifestyle (400 g Smooth and Crunchy)
  • Dischem se Lifestyle (800 g Smooth and Crunchy)
  • Wazoogles Superfoods (alle groottes; 32 g tot 20 kg)
  • Pick n Pay No Name (1 kg smooth)
  • Eden All Natural

Volgens die vervaardiger, House of Natural Butters, het die produkte hoër vlakke van die bestanddeel, Aflatoksien in. Dit is ‘n gifstof en nie veilig vir menslike gebruik nie.

Die kommissie se waarnemende verbuikerskommissaris, Thezi Mabuze sê die voorval word ondersoek. 


Lees verder

Current track

Title

Artist