NIOS vra dat sekere Covid-regulasies weer ingestel word om die verspreiding van aappokke te keer

Deur on

23 Junie 2022

Kenners by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) doen ‘n beroep op die regering om sommige COVID-19-regulasies weer in te stel om die verspreiding van aappokke te beheer.

NIOS se professor Cheryl Cohen het vroeër vandag gesê dit sal die regering help om die virus op te spoor en enige sterftes te vermy.

Die versoek kom nadat die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla, aangekondig het dat die eerste geval van aappok in die land aangemeld is.

Die pasiënt is ‘n 30-jarige man in Johannesburg met geen reisgeskiedenis nie. NIOS het aangedui dat die simptome van aappokke soortgelyk is aan COVID-19-simptome – wat griep-simptome insluit – en ook ‘n blaasagtige uitslag op die vel veroorsaak.


Lees verder

Current track

Title

Artist