Nigel byna ‘n week kragloos

Deur on

23 Junie 2021

Inwoners van Nigel, suidoos van Johannesburg, sit al sedert die naweek sonder krag nadat kragtoevoer na die dorp onderbreek is weens ‘n hoogspanningskragmas wat omgeval het.

Daar word vermoed dat skrootmetaal-diewe die boute en moere wat die tien-verdieping hoë mas regop hou, gesteel het.

Veral siekes en bejaardes ly daar onder, maar ander inwoners word ook nie deur die ongerief oorgesien nie.

Bederfbare kos is besig om te vrot en skoolkinders kan nie hulle huiswerk doen of leer vir toetse nie.

Talle sakeondernemings moes hul deure sluit en plaaslike klinieke kan glo slegs beperkte dienste lewer.

Inwoners is gefrustreerd met die munisipaliteit se optrede nadat hulle gesê het dit kan dalk nog tot volgende week duur om die probleem op te los.

Volgens Wollaston Labuschagne van die DA is daar ook nie alternatiewe kragtoevoer na die dorp beskikbaar nie.

Dit is weens die munisipaliteit se skynbare versuim om oor die jare die infrastruktuur te onwikkel en te verbeter.

Labuschagne  sê die munisipaliteit het ook nie kontrakteurs of planne gereed vir wanneer ’n situasie soos dié een voorkom nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist