“NGV verskyn op reklameborde, terwyl dokters in die Oos-Kaap werkloos is”

Deur on

10 Januarie 2025

Solidariteit sê die regering se beoogde implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kan nié ‘n werklikheid word nie.

Een van die reklameborde.

‘n Ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê die “viering van die onrealistiese NGV soos deesdae op reklameborde langs snelweë te sien is, dra by tot die die onreg teenoor belastingbetalers.”

Du Buisson meen hy kan nie sien hoe die departement van gesondheid die kostes van die advertensies kan regverdig nie.  Hy sê indien die departement van gesondheidheid bereid was om die werklikheid rakende die NGV vierkant in die oë te kyk, sou hy die NGV-bemarking lankal beëindig het.

Volgens Du Buisson adverteer die departement die NGV terwyl honderde dokters in die Oos-Kaap werkloos is.

Du Buisson sê ramings van verskeie belangegroepe dui daarop dat die NGV ‘n verwoestende finansiële las op Suid-Afrika se ekonomie sal wees. “Waar gaan die staat die fondse vir die geraamde koste wat tussen R660 miljard en R1 300 miljard gaan beloop, vandaan kry? Dit is die jongste skattings van wat dit sal kos.”

Hy sê volgens hierdie skattings sal gemiddelde persoonlike inkomstebelasting met R37 000 per jaar per moet toeneem, wat nie net verregaande is nie, maar onmoontlik.


Current track

Title

Artist