NGV gelukbringer kos departement glo R1,1-miljoen

Deur on

17 Junie 2021

Die omstrede maatskappy, Digital Vibes het glo ‘n faktuur van R1,1-miljoen gestuur aan die Departement van Gesondheid, vir die ontwerp van ‘n 3D animasie koei, wat die gesig sou wees van die regering se Nasionale Gesondheidsversekering-veldtog.

Digital Vibes het ‘n animasie maatskappy aangestel om die koei genaamd Pelo te skep, teen slegs R 266 000. Dit beteken na bewering dat “Digital Vibes R834 000 se skoon wins in hul sak gesteek het vir die projek.”

Pelo is ‘n Nguni koei geklee in doktersdrag en met ‘n bril op.

Die jongste berigte in die Daily Maverick wys ook hoe Digital Vibes fakture gestuur het vir voorleggings wat aan die departement van gesondheid gemaak is, oor die gevoel en beeld van die NGV, asook fakture vir koffievergaderings met rolspelers in die mediese bedryf.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist