<--Google Webmaster Tool-->

NELSON MANDELABAAI DIE GEWELDDADIGSTE

Deur on

8 Julie 2022

Die jongste verslag van die South African Cities Network dui daarop dat Kaapstad nie meer Suid-Afrika se gewelddadigste stad is nie. Dié posisie is deur die Nelson Mandelabaai-metro ingeneem, waarvan die land se sogenaamde Vriendelike Stad, Port Elizabeth, deel is.

Dié metro se moordsyfer het met 60% toegeneem, gevolg deur Kaapstad met 54% en eThekwini s’n met 18%.

Die stede waarvan die stand van misdaad onder die vergrootglas geplaas is, sluit onder meer Nelson Mandelabaai, Kaapstad, Johannesburg, eThekwini, die Tshwane-metro, Mangaung en Buffalo City in.

Uit al die stede het Pretoria die laagste moordsyfer wat tans staan op 18 uit 100 000 mense.

Vyf van die stede (Nelson Mandelabaai, Kaapstad, Buffalo City, eThekwini en Msunduzi) se moordsyfer is hoër as die nasionale gemiddeld van 33,5 moorde per 100 000 mense.

Fotokrediet: The Port Elizabeth Metro Bed and Breakfast Association (PEMBBA)


Current track

Title

Artist