23 Oktober 2024
‘n Negende verdagte is in hegtenis geneem in verband met die omstrede sakeman, Louis Liebenberg se beweerde piramide-skema.
Liebenberg en sy vrou, Dezzi, is gisteraand by ‘n restaurant in Benoni – aan die Oos-Rand – in hegtenis geneem. Volgens die Valke is die ander verdagtes tussen gisteraand en vanoggend in hegtenis geneem.
LEES OOK: Agt mense vasgetrek in verband met Liebenberg se beweerde piramide-skema
Die Valke se woordvoerder, kolonel Katlego Mogale sê die verdagtes is in Noordwes en Gauteng in hegtenis geneem. Hy sê die verdagtes word daarvan verdink dat hulle betrokke was by diamantsmokkelary.
Verskeie bewerings is in die verlede teen Liebenberg gamaak met inbegrip daarvan dat hy ‘n piramide-skema bedryf en dat hy hooggeplaaste politici omgekoop het. Beleggers het sedert 2019 sowat R4-miljard deur middel van die skema verloor.
Die verdagtes verskyn na verwagting môre in die hof.