1 Augustus 2023
Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid – wat aangekla word van aanranding, saakbeskadiging en die rig van ‘n vuurwapen – is borgtog toegestaan.
Elkeen is op borgtog van R10 000 vrygelaat, terwyl die staat aanvanklik hul aansoeke teengestaan het.
Die agt het verlede week in die hof verskyn, na hulle verlede maand motoriste op die N1-deurpad in Gauteng aangerand het, terwyl hulle besig was om adjunk president Paul Mashatile te begelei.
Die saak is tot die 27e September uitgestel vir verdere ondersoek.