Musk sal bedank as hy iemand “dom” genoeg kry om hom te vervang

Deur on

21 Desember 2022

Die Twitter baas Elon Musk sê hy sal bedank as die hoof uitvoerende beampte van dié sosiale media-platform, sodra hy ‘n gepaste opvolger gevind het.

Musk het in ‘n meningsopname op Twitter gevra of hy moet bedank, en 57% van die mense het gesê hy moet die tuig neerlê.

Volgens Musk is hy op soek na iemand wat “dom genoeg” is om die werk as hoof van Twitter sal aanvaar, en sal hy na sy bedanking as hoof slegs fokus op die sagteware en bediener afdelings van Twitter.


Current track

Title

Artist