3 September 2024
Solidariteit het die minister van gesondheid, dr Aaron Motsoaledi se uitsprake veroordeel waarin hy glo ras gebruik het om steunwerwing vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te probeer kry.
Motsoaledi het tydens ‘n toespraak, kritiek oor die NGV met die apartheidsera se bangmaakpraatjies oor die “swart gevaar” vergelyk.
Hy sê verder dit is soos toe wit mense kruideniersware en kerse opgegaar het vir wanneer swart heerskappy aanbreek. ‘n Ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsinginstituut, Theuns du Buisson sê die uitlatings is onverantwoordelik, en oneerlik.
Du Buisson sê Solidariteit vrae waarom die eenvoudigste vrae rakende die NGV nie liewer deur die minister beantwoord word nie.
Du Buisson sê Solidariteit vra waarom die eenvoudigste vrae rakende die NGV nie liewer deur die minister beantwoord word nie, eerder as wat hy krities is oor kritiek en nodige vrae van die publiek or die NGV.
“Motsoaledi laat heel gerieflik weg dat die meerderheid van Suid-Afrikaners wat aan mediese fondse behoort, én wat teen die NGV gekant is, inderdaad swart mense is.