Moordsyfer bereik sy hoogste punt in twee dekades

Deur on

16 November 2023

Die moordsyfer in Suid-Afrika het sy hoogste punt in 20 jaar bereik, terwyl die polisie sukkel om die probleem suksesvol te takel.

‘n Verslag wat vandeesweek deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) bekendgestel is, het ‘n donker prentjie geskets, wat ‘n bestendige styging in die moordsyfer oor die afgelope 10 jaar tot ‘n hoogtepunt van 45 per 100 000 in die afgelope jaar toon.

83% van die moorde wat regoor die land aangeteken is het in KwaZulu-Natal, Gauteng, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap plaasgevind.

Polisie-misdaadstatistiek dui daarop dat meer as 27 000 Suid-Afrikaners tussen April 2022 en Maart 2023 vermoor is.

Die navorsing beklemtoon die onbekwaamheid van die polisie – onder leiding van die minster van polisie Bheki Cele – om sy grondwetlike mandaat na te kom om misdaad te voorkom, te bekamp en te ondersoek.

Die polisie se amptelike misdaadstatistiek word môre bekendgemaak.


Current track

Title

Artist