11 Junie 2024
Die MK-party sê hy het ‘n skrywe aan die Nasionale Vergadering gerig waarin gevra word om nie Jabulani Khumalo as ’n parlementslid in te huldig nie.
Die party sê Khumalo is uit die organisasie geskors en het geen toestemming om hom in die parlement te verteenwoordig nie.
Khumalo se naam verskyn egter nog bo-aan die finale lys van mense om die MK Party in die Parlement te verteenwoordig. Sy naam is nie van die party se finale lys na die parlement verwyder nie, ten spyte daarvan dat hy in die openbaar met die party gebots het en hy hulle selfs hof toe geneem het.
Dit kom nadat Khumalo – wat die MK-party geregistreer het – aangedui het dat hy beplan om Vrydag die eerste sitting van die Parlement by te woon en ingehuldig te word.