27 November 2024
Die MK-party sê hy is trots op sy prestasies van die afgelope 11 maande in aanloop tot die viering van sy eerste bestaansjaar.
Die party – wat op 16 Desember 2023 gestig is – het in ’n kort tyd na vore getree as die derde grootste politieke party in die land.
Die party gaan Saterdag sy herdenking met ‘n mini-saamtrek in Vosloorus vier, gevolg deur ‘n nasionale saamtrek in Durban volgende maand.
Die nuwe lid van die MK-party, Dali Mpofu, het gister tydens ‘n media-inligtingsessie in die Ekurhuleni-metro gesê die organisasie het ‘n magtige krag in die politieke arena geword.
Talle prominente politici het oor die afgelope 11 maande hulle eie partye verlaat om by die MK aan te sluit. Beide die voormalige openbare beskermer, en EFF-LP, advokaat Busisiwe Mkhwebane en die voormalige adjunk-leier van die EFF, Floyd Shivambu is nou verbonde aan die MK-party.
FOTO: Gagasi FM