MK-lid John Hlophe sal weer op die Regterlike Dienskommissie dien

Deur on

9 Julie 2024

Die omstrede MK-lid John Hlophe sal wel op die parlement se Regterlike Dienskommissie (RDK) dien.

Dít na die Nasionale Vergadering vanoggend ’n mosie aanvaar het om die nominasies vir die kommissie te bekragtig.

Die RDK het vroeër vir Hlophe aan growwe wangedrag skuldig bevind, en daarmee die proses begin wat uiteindelik tot sy ontheffing as regter gelei het.

Die DA het Hlophe se benoeming teengestaan, omdat dit volgens die DA-hoofsweep, George Michalakis, nie redelik of rasioneel is om Hlophe tot die RDK te verkies nie.

Die VF Plus en ACDP het ook sy benoeming teengestaan.


Current track

Title

Artist