MK bring hofaansoek oor die eerste sitting van die parlement

Deur on

11 Junie 2024

Die MK-party het ‘n dringende aansoek by die Grondwethof ingedien om die eerste sitting van die parlement hierdie komende Vrydag te keer.

Die party het die hof gevra om sy hofaansoek voor Vrydag aan te hoor.

Die MK Party sê in sy hofstukke dat die sitting nie kan voortgaan as hy nie teenwoordig is nie.

Die party het aangekondig dat hy die eerste sitting gaan boikot, en voer aan daar moet Vrydag 350 lede wees, en as sy LP’s nie teenwoordig is nie, sal daar nie ’n kworum wees nie.

Die respondente in die saak is hoofregter Raymond Zondo, die sekretaris van die parlement, Xolile George, die Onafhanklike Verkiesingskommissie, president Cyril Ramaphosa, sowel as politieke partye wat in die parlement verteenwoordig is.


Current track

Title

Artist