Minister verdedig gesondheidmaatreëls

Deur on

11 Mei 2022

Die minister van gesondheid Joe Phaahla het die gebruik van ekstra gesondheidsmaatreëls om die Covid-19-pandemie te bestuur, in die parlement verdedig.

Phaahla sê hy stem nie saam met “leuenstoel-kritici” wat meen dat die gesondheidsmaatreëls afgeskaf moet word nie.

Hy het in dieselfde asem gesê hy glo die einde van die pandemie is in sig.

Die vakbond Solidariteit, tesame met die burgerregteorganisasie Afriforum en DearSA, het gister hofstukke beteken op die departement van gesondheid, waarin daar gevra word dat die regulasies onwettig verklaar word.

Solidariteit sê hy hoop dat die saak al teen 14 Junie aangehoor sal word.


Current track

Title

Artist